In Donkernagpantoen gee die sensuele musiekpaar Coffee Snobs in samewerking met die bekroonde skrywer-digter Riana Scheepers nuwe dimensies aan tradisionele versvorme soos die pantoen, villanelle, sestina, ode, ballade, parodie en lament.
’n Tranetrekker-smartlap en Kaapse moppie of twee is ook deel van die bittersoet plesier. Dié produksie wys hoe relevant ou digvorme bly en hoe diep dit steeds kan tref – veral wanneer dit gesing word.